1. Lokprente
Gedurende die dekade van die 1950's het 'n groep studente besluit om die woud te gaan verken. Hulle het gehoor van 'n mysterieuse put waaruit enigiemand wie sou durf drink, glo 'n eienaardige vermoë sou kry. Waarvan hulle nie geweet het nie, was die prys wat elkeen van hulle op die ou end vir hierdie vermoëns sou moes betaal. Hierdie somer, Die Put in die Woud, sal jy uit die put uit drink?
2.Telefoonstelsels
Hallo daar, dankie dat u ons maatskappy geskakel het! Ons is tans gesluit. Ons werksure is van Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 EST. Indien dit dringend is, skakel asseblief nommer 1 en los 'n boodskap met u naam, e-posadres en foonnommer, en dan skakel ons terug binne die volgende werksdag. Dankie!
3.Produkvideo's
Hoeveel tyd mors jy om tou te staan vir kos? BAIE, nè? Mens sou dink dat dit nie 'n probleem sou wees met vandag se tegnologie nie, en jy is heeltemal reg! Jy hoef nie kosbare tyd aan toustaan te mors nie.
Meld aan by ons nuwe app waarmee mens nog voor jy by die restaurant aankom, kan bestel. Voer jou bestelling, afhaal tyd, en addisionele versoeke in en jy’s klaar. Dis só maklik. Ons app sal die restaurant in kennis stel, en hulle sal jou bestelling op die versoekte tyd gereed hê, warm en reg om te gaan. NoLine, die app wat vir jou toustaan!
4.Aanbiedings / Opvoedkundig
Wanneer u ons app vir die eerste keer oopmaak, moet u persoonlike inligting en sekere voorkeure invoer. Met dié in ons stelsel, sal ons 'n beter idee hê van wie u is en waarna u soek. Ons bots sal vir u voorstelle stuur van produkte en dienste wat beter by u behoeftes sal pas, en u sal kan vergelyk om die beste opsie te kies.
5.Advertensies / Adverteer
Welkom na "Let's RV the world"! Hier kan jy mense ontmoet wie, soos jy, 'n passie vir OV's en reis het. Jy sal kan kontak maak, reis, kook en veel meer, met mense wie dieselfde passie deel. Sê hulle dan nie dat die lewe se beste dinge gebeur wanneer daar meer mense om jou is nie? Wel, hier is jou kans! Waarvoor wag jy? Kom ons OV die wêreld!
6.Karakters / Videospeletjies
Boeta, is jy gereed om die woud in te gaan en die swaard te gaan haal wat ons voorvaders vir ons gelos het?
Ek hoor dit is net verby die reuse se vallei. Ons sal beslis jou towerkuns daar moet gebruik. Dit sal beter wees om ongesiens te bly, en ek neem aan dat jy die onsigbaarheids spel bemeester het. Indien nie, sal ons beslis in die middel van die eindelose stryd tussen die reuse en die druïede beland.
7.Regstreekse afkondigings
Laat ons nou applous gee terwyl ons ons gasheer na die verhoog verwelkom en die toekenning vir die Beste Werkplek oorhandig. Hierdie is een van die mees opwindende kategorieë wat ons elke jaar kanskry om te evalueer. Dit gaan nie net oor die geld nie, maar oor die mense, oor die missie, oor die doele! Staan asseblief op, en laat ons Carl na die verhoog verwelkom!
8.Oudioboeke / Podsendings
Dit was 'n ysige nag. Ek dink dit was omtrent 23:00, ek was besig om na my woonstel te stap, toe ek 'n vreemde vrou sien. Sy het lank op die sypaadjie gesit en wag
vir iemand. Ek het nog nooit in my lewe iemand soos sy gesien nie. Sy het donker hare en 'n spierwit vel gehad, haar oë blou soos die see, en haar lippe rooi soos die mooiste roos. Op daardie oomblik het ek besef dat ek soos 'n magneet aangetrokke tot haar was. Binne ’n paar sekondes, het ons na mekaar gekyk en geweet dat ons saam moes wees.
9.Radio / TV-etikette
"Shake Them Carrots" deur Mr. Bunny is nou uit! Wees die eerste om hierdie ritme te geniet en met jou vriende te deel. Klik op die banner en hoor dit nou: "Shake Them Carrots" deur Mr. Bunny!
10. Script 1
[Hierdie opname sal deel vorm van ‘n telefoonreaksie systeem. Dit moet baie innemend wees]
Hello! Dankie dat jy ons maatskappy gebel het! Hier vind jy die beste manier om die perfekte stem-oor vir jou projek, in enige taal, te kry!
Om meer uit vind oor die maatskappy, druk een.
As jy ‘n projek wil aanmeld of met een van ons verkoopsmense wil praat, druk twee.
Het jy hulp nodig van ons hulpvaardige produksiebestuurspan?
Geen probleem! Druk drie, asseblief.
Vir navrae oor kwaliteit, druk vier.
Het jy enige idees? Voorstelle? Ons hoor hulle graag! Druk vyf.
[Lees dié asof jy fluister] Psst! Wil jy deel word van die span?
[Terug na vorige stem] Ons huur!
Besoek asseblief ons webwerf om meer te leer van ons huidige werksgeleenthede!
11. Script 2
[Hierdie opname sal deel vorm van ons bemarkingsveldtog-video. Dit moet groot, interessant en so bietjie mysterieus klink.]
In ‘n wêreld waar stem-oor werk moelik te vinde is. In ‘n wêreld waar dit moeisaam en duur was om ‘n loopbaan in stemwerk te volg, het ons ‘n revolusie begin!
Dit was nie ‘n maklike pad om te volg nie, maar ons het sterker as ooit anderkant uitgekom.
Stap vir stap, het ons ‘n digitale diens geskep om die stem-oor industrie by jou aan huis te bring. Ons het jou in dié missie ingesluit en tel op jou om deel te neem aan die droom.
Daar’s geen terugkyk nie.
Ons het gekom, ons het die wêreld verander en ons is [neem hier ‘n kort pouse] hier om te bly.
Ons bring die stem-oor industrie tot in jou hande.
12. Script 3
[Hierdie opname sal deel vorm van ons produkvideo. Ons wil hê dit moet vol energie en interessant wees en vlot klink]
Hoekom is ons die beste keuse vir professionele stem-oor opsies?
Om mee te begin, ons lewer alleen stem-oor werk uit die boonste rakke wat deur ons Kwaliteitsbeheerspan gekontroleer word. Daarby, bied ons span stem-oor kunstenaars duisende keuses in baie verskillende tale, style en pryse wat sakpas is! Bovendien val ons projekte onder ons Tevredenheid Waarborg. As jy ongelukkig is met die uitkoms, sal ons produksiebeheerspan inspring en jou geld teruggee. [Neem ‘n kort pouse na elke woord] Sonder enige vrae.
Ons is fanaties oor kliëntediens en ons span is gretig om te help. Ons maak seker dat jou ondervinding hier by ons vaartbelynd, professioneel [Neem hier ‘n kort pouse] en pret is!